Sondagmôre

W. Wijdeveld

Sondagmôre

Dit is stil

In die voorhuis,

en stilte rus swaar op die bulte daar buite,

en stoffies hang blink in die lug,

waar die venster een gulden balk

van louter luister inlaat.

Daar word boeke gevat:

die psalm gaan statig opruis,

ruis weg oor die druipende wilgers

waar die tortels selfs luister

een himne aan God aan wie dit gerig is

een statige himne van rus en van vrede

wierook kolom dis weer stil,

luid kraai die haan in sy beurtsang

en nou word gepraat eers saggies, dan luider,

nou word selfs gelag...

die stemming verbroke die diens is verby.